04April

Martin & Jacomin trou! {22 Maart 2014, Malmesbury}

Toe ons Jacomin en Martin se verlowingsfotosessie verlede jaar in September gehad het, het dit gevoel asof 22 Maart 2014 nooit gaan kom nie... en daar het hulle spesiale dag toe uiteindelik aangebreek en kon ons nog 'n heerlike fotosessie hê op Jacomin-hulle se pragtige plaas in die Swartland. En al was dit dieselfde plek, kon 'n mens amper nie glo hoe anders dit hierdie keer gelyk het nie. Die geel canola-lande was valer, die ou plaasskuur was omtower in 'n sprokiespaleis, daar was 130 gaste wat nie kon wag om fees te vier nie...en natuurlik 'n pragtige bruid en haar "handsome" bruidegom! Jacomin en Martin, ek hoop julle het julle spesiale dag vreeslik geniet! Nou kan julle terugsit en die oomblikke geniet wat ons vasgevang het - julle was GREAT!  

28March

Leonard & Leonie {4 Januarie 2014, Bon Cap, Robertson}

Wat 'n lekker troue om 'n nuwe jaar mee af te skop! Pragtige dag, pragtige paartjie, pragtige venue! Leonie en Leonard is van daai paartjies wat op die oog af eintlik al 'n leeftyd getroud is... en steeds verlief is! Dit was heerlik om julle spesiale dag saam met julle te kon deel. Ek kan nie onthou wanneer laas ek so baie gelag het nie!! Dit was groot pret!

17January

Brett & Clarise, Sneek Peak! {17 Desember 2013, Stellenbosch}

17 December 2013 was no ordinary Tuesday. This was the day Brett & Clarise tied the knot in the beautiful town of Stellenbosch. I am sure every person going through this blog will instantly see and feel how this couple reminds one of how it feels to be in love and to love with all your heart. Guys, I had a fabulous time photographing your special day. Clarise, you were absolutely gorgeous!! (And I've got the pics to prove it!) I wish the two of you all the best on this new journey ahead - make it a fun one! 

10January

23 November 2013 - Riaan & Celeste {Langkloof, Wellington}

Riaan en Celeste stap al 'n lang pad saam. Daarom het die emosies omtrent hoog geloop toe dié tweetjies vir mekaar op 23 November 2013 die ja-woord gegee het. Celeste, jy was 'n pragtige bruid! Jy het so lank aan alles gereël, en ek hoop jy het jou spesiale dag ongelooflik baie geniet. Mag julle liefde van hier af vorentoe net nog meer groei en mag julle pad verder saam besaai wees met voorspoed en geluk. Geniet die herinneringe van julle pragtige troue!!